Rooibaard is nie net ’n smaakvolle toevoeging tot jou steak, wors, hoender of mielie nie, hy is die vriend wat jou herhinner aan die vreugde van Suid Afrikaanse lewe; geleenthede vir lag en connection, en die hoop vir ’n gesamentlike, positiewe toekoms, veral om ‘n lekker braai.
Jou reisgenoot, oral en altyd. Of jy nou op ‘n groot avontuur is, ‘n vinnige uitstappie maak, of net by die huis ontspan,
Rooibaard is jou ideale metgesel. Hierdie smaakvolle speserye en souse pas perfek by elke maaltyd en geleentheid.
Jou reisgenoot, oral en altyd. Of jy nou op ‘n groot avontuur is, ‘n vinnige uitstappie maak, of net by die huis ontspan, Rooibaard is jou ideale metgesel. Hierdie smaakvolle speserye en souse pas perfek by elke maaltyd en geleentheid.
"I love your Roobaard hot braai spice and sauce. I eat your spice on nearly all my food."
"Die sous is beslis iets vir die rekord boek! Ek moes my laaste bietjie nurse. Ek kan nie onthou waar ek dit gekoop het nie. Môre gaan ek op die jag. Dankie vir die great produk!!!"
"I've been using your sauces for a while now and I love them on everything. But today I came accross KWAADBAARD. Dit brand die K*K uit my uit, mooi man!"
"Ja nee kyk, ek het al die souse op die mark getry en Rooibaard is heetemal op n ander stasie, die beste souse en gaan ander souse jare vat om even naby die smaak te kom. Lekker Rooibaard!!!"
Hy is trots, sterk wanneer dit saak maak, en lojaal. Sy wortels loop diep in Afrika grond en hy het sy land onomwonde lief. Hy hou van die lewe en van die dinge wat ons land uniek maak.
Braai, bos, sy bakkie, die wildtuin, jag, visvang, gesellige vuurtjies, sy familie en vriende, die uiteenlopende natuurstreke regoor Suid-Afrika, seevakansie, die berge en natuurlik sport – veral die Springbokke.
Rooibaard is trots op sy Afrikaanse herkoms, maar hy weet en glo daar is vir elke ras, taal, en kultuur ’n hoopvolle plekkie onder ons pragtige Suid-Afrikaanse son. Hy weet almal se herkoms is nie dieselfde nie, maar nes almal het hy hoop vir ’n gesamentlike toekoms, vol belofte en saamstaan as ‘n verenigde nasie.
Hy geniet die geleenthede om sy familie en vriende om hom te hê – ’n lekker Sondagmiddag braai, grappies maak, en rugbyballe pass. Hy glo in die krag van samesyn en in die diep betekenis wat ons deel as die Reënboognasie. Hy lag maklik en hou van diep dink. ‘n Lekker storie kom net so maklik soos introspeksie en graag iets deel wat impak maak.
Soos elke Suid Afrikaner hou hy van lekker braai en lekker eet. Braai en kosmaak gaan nie net oor voeding nie, dit is ‘n ervaring. Sielskos. Rooibaard verstaan dat die lewe gaan nie net oor kos nie, maar saam eet en die spreekwoordelike brood breek is ‘n dieper konneksie, wat ons almal nodig het. En om mense saam te bring, om die braai, langs die vuur of by die etenstafel, is Rooibaard se roeping.
+27 72 791 6214
info@rooibaardprodukte.co.za
Unit 10, Solo Park, 108 Edward Avenue, Hennopspark
Copyright © Rooibaard Holdings (Pty) Ltd 2024. All Rights Reserved.
Copyright © Rooibaard Holdings (Pty) Ltd 2024.
All Rights Reserved.