ons Game is samesyn
Rooibaard is trots op sy Afrikaanse herkoms, maar hy weet en glo daar is vir elke ras, taal, en kultuur 'n hoopvolle plekkie onder ons pragtige Suid Afrikaanse son. Hy weet almal se herkoms is nie dieselfde nie, maar nes almal het hy hoop vir 'n gesamentlike toekoms, vol belofte en saamstaan as 'n verenigde nasie.
Soos elke Suid Afrikaner hou hy van lekker braai en lekker eet. Rooibaard verstaan dat die lewe gaan nie net oor kos nie, maar saam eet en die spreekwoordelike brood breek is 'n dieper konneksie - Sielskos, wat ons almal nodig het.
En om mense saam te bring, om die braai, langs die vuur of by die etenstafel, is Rooibaard se roeping.
MET TROTS VERVAARDIG
IN SUID AFRIKA
